Calle maan boere om voorsorg te tref – brandseisoen is op pad

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het boere gemaan om hulself voor te berei om veldbrande te voorkom. Groot dele van Namibië is vatbaar vir veldbrande, veral hierdie tyd van die jaar nadat die land goeie reën gekry het. Verlede jaar is 59 plase in puin gelê. Motoriste moenie sigaretstompies uit hul voertuie gooi nie en vure en kolebranders moenie sonder toesig gelaat word nie. Jaarliks lei veldbrande tot rampspoedige verliese van weiding, diere en infrastruktuur en selfs menselewens. Veldbrande is ‘n ernstige bedreiging vir die landbousektor, sê Schlettwein.