Andre Compion sê EPA hou groot voordele in vir Nam-landbou

Die ekonomiese vennootskapsooreenkoms, bekend as EPA, is tans onder die loep in die hoofstad. Die byeenkoms, wat sakelui bymekaar bring word deur die EU-afvaardiging en die handelsministerie aangebied. Die bekende stoetboer, en besturende direkteur van die FlyNamibia, Andre Compion, sê landbou in Namibië vind groot baat uit EPA.

Read More

Weelderige leefstyl van SA-konings moet end kry

Die Algemene Nywerheidswerkswerkers-vakbond van Suid-Afrika vra die regering om die weelderige leefstyl van Zoeloe- en ander koninklikes in die land tot ʼn einde te bring. Volgens die vakbond het die seremonie waar koning Misuzulu KaZwelithini sy sertifikaat van erkenning ontvang het, belastingbetalers miljoene rand gekos. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die pasgekroonde koning […]

Read More

12 skepe met graan verlaat Swart-see

Twaalf skepe met graan, het Maandag Oekraïnse hawens verlaat, ondanks Rusland se onttrekking van die VN-gesteunde ooreenkoms. Terwyl die Russiese weermag sy aanvalle op die land verskerp het, blyk dit of die hervatting van voedseluitvoere ten minste een haglike scenario uit die weg ruim. Internasionale amptenare het gevrees dat Moskou weer ‘n blokkade op Oekraïnse graan sou instel. Burgerlike vragskepe kan nooit ‘n militêre […]

Read More

Wêreldrekord-trein: 1,9km lank, herdenk 175 jaar van Switserse spoordiens

Die Switserse spoormaatskappy, Rhaetian, het die wêreldrekord vir die langste passasierstrein verbeter met ‘n reis deur die Alpe. Die trein met sy meer as ‘n honderd waens was ‘n volle 1,9  kilometer lank toe dit die rit van 25 kilometer tussen Preda en Bergün voltooi het. Die roete is volgens berigte in 2008 tot ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar en bestaan uit 22 tonnels […]

Read More

Dieselprys: Dis nie alles slegte nuus nie

Daar word verwag dat die styging in die dieselprys ‘n wesenlike impak op voedselpryse sal hê. Daar is wêreldwye tekorte aan diesel en die ministerie van myne en energie sê hy het ‘n onderverhaling van 2 Namibiese dollar 60 sent per liter aangeteken en dus is die prys per liter met amper 2 dollar opgestoot. […]

Read More

Koringprys styg na Rusland Oekraïnse-ooreenkoms verlaat

Termynkontrakte vir koring het die hoogte ingeskiet na Rusland se onttrekking aan ‘n ooreenkoms om Oekraïnse graan via die Swart See uit te voer. In die VSA het die Chicago-handelsraad ‘n 6 persent styging per skepel aangeteken wat nou teen net minder as 879 Amerikaanse dollar verkoop. Die Verenigde Nasies het in Julie ‘n ooreenkoms beklink om die Oekraïne se […]

Read More

Hout-uitvoere: Kenner sê ons moet eers weet wat ons het

‘n Namibiese ekoloog het gereageer op die verslag deur Policinginsight dat Chinese kartelle verantwoordelik is vir die onwettige oes van hout in Namibië. Luidens die verslag is Asiatiese kartelle wat saam met plaaslike fasiliteerders werk, is aangewys as die kern rolspelers van onwettige houthandel in Namibië. Dr. Peter Cunningham sê voldoende navorsing is nodig om […]

Read More

Musk verwyder ‘fopnuus’ twiet

Elon Musk het ‘n twiet wat verwys an ‘n teorie oor die aanval op die man van die Amerikaanse huisspeaker Nancy Pelosi by hul huis in San Francisco, uitgevee. Die twiet was in reaksie op een deur die voormalige minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, wat die aanval op haatlike retoriek deur die Republikeinse Party blameer het. Musk het haar toe geantwoord dat daar dalk meer aan die storie […]

Read More

Whk-verdrinking: Geen waarskuwingstekens, geen toerusting vir Nampol nie

Die Windhoek-burgemeester Sade Gawanas is tans op die toneel waar die oorskot van die seuntjie wat Sondag verdrink het, gevind is. Daar is geen waarskuwingstekens nie en volgens haar, is ‘n stukkende pyp die oorsaak van die poel wat gevorm het. Die polisieduikers het ook nie die regte toerusting gehad nie. Gawanas het op die […]

Read More

Gesondheidsministerie soek opsporingstelsels en kameras

Die Namibiese ministerie van gesondheid het sewe kwotasies ontvang vir opsporingstelsels vir sy noodvoertuie en ‘n geslotekring televisie stelsel vir sy mediese voorraad pakhuise. Die kontrak wat vir drie jaar geldig is sluit ook installasie van die stelsels in. Die tender, wat op 3 Oktober gesluit het, wissel van amper 15 miljoen Namibiese dollar oor […]

Read More