Koringprys styg na Rusland Oekraïnse-ooreenkoms verlaat

Termynkontrakte vir koring het die hoogte ingeskiet na Rusland se onttrekking aan ‘n ooreenkoms om Oekraïnse graan via die Swart See uit te voer. In die VSA het die Chicago-handelsraad ‘n 6 persent styging per skepel aangeteken wat nou teen net minder as 879 Amerikaanse dollar verkoop. Die Verenigde Nasies het in Julie ‘n ooreenkoms beklink om die Oekraïne se graan en kunsmis deur hawens in die Swart-see uit te voer, in ‘n poging om wêreldwye voedselprysinflasie te verlig. Rusland het oor die naweek aangekondig hy onttrek vir ‘n onbepaalde tyd uit die ooreenkoms. Kenners in ons streek waarsku ook dat talle kommoditeite, wat mielies insluit, ook duurder van word.