Gesondheidsministerie soek opsporingstelsels en kameras

Die Namibiese ministerie van gesondheid het sewe kwotasies ontvang vir opsporingstelsels vir sy noodvoertuie en ‘n geslotekring televisie stelsel vir sy mediese voorraad pakhuise. Die kontrak wat vir drie jaar geldig is sluit ook installasie van die stelsels in. Die tender, wat op 3 Oktober gesluit het, wissel van amper 15 miljoen Namibiese dollar oor die drie-jaar periode tot net meer as 40 miljoen dollar.