Hout-uitvoere: Kenner sê ons moet eers weet wat ons het

‘n Namibiese ekoloog het gereageer op die verslag deur Policinginsight dat Chinese kartelle verantwoordelik is vir die onwettige oes van hout in Namibië. Luidens die verslag is Asiatiese kartelle wat saam met plaaslike fasiliteerders werk, is aangewys as die kern rolspelers van onwettige houthandel in Namibië. Dr. Peter Cunningham sê voldoende navorsing is nodig om te bepaal wat ‘n volhoubare oes van die bron is voor enige benutting voort gesit word.