12 skepe met graan verlaat Swart-see

Twaalf skepe met graan, het Maandag Oekraïnse hawens verlaat, ondanks Rusland se onttrekking van die VN-gesteunde ooreenkoms. Terwyl die Russiese weermag sy aanvalle op die land verskerp het, blyk dit of die hervatting van voedseluitvoere ten minste een haglike scenario uit die weg ruim. Internasionale amptenare het gevrees dat Moskou weer ‘n blokkade op Oekraïnse graan sou instel. Burgerlike vragskepe kan nooit ‘n militêre teiken wees of gyselaar gehou word nie het VN amptenare gesê.