Whk-verdrinking: Geen waarskuwingstekens, geen toerusting vir Nampol nie

Die Windhoek-burgemeester Sade Gawanas is tans op die toneel waar die oorskot van die seuntjie wat Sondag verdrink het, gevind is. Daar is geen waarskuwingstekens nie en volgens haar, is ‘n stukkende pyp die oorsaak van die poel wat gevorm het. Die polisieduikers het ook nie die regte toerusting gehad nie. Gawanas het op die toneel met die media gepraat.