Musk verwyder ‘fopnuus’ twiet

Elon Musk het ‘n twiet wat verwys an ‘n teorie oor die aanval op die man van die Amerikaanse huisspeaker Nancy Pelosi by hul huis in San Francisco, uitgevee. Die twiet was in reaksie op een deur die voormalige minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, wat die aanval op haatlike retoriek deur die Republikeinse Party blameer het. Musk het haar toe geantwoord dat daar dalk meer aan die storie kon wees en ‘n skakel, wat reeds as fopnuus bevestig is, aangeheg. Dit beweer dat Paul Pelosi in die geselskap van ‘n gay-prostituut was. Kenners meen die twiet bewys vir Musk self hoe moeilik dit is om fopnuus en haatspraak op sosiale media te beheer.