Wêreldrekord-trein: 1,9km lank, herdenk 175 jaar van Switserse spoordiens

Die Switserse spoormaatskappy, Rhaetian, het die wêreldrekord vir die langste passasierstrein verbeter met ‘n reis deur die Alpe. Die trein met sy meer as ‘n honderd waens was ‘n volle 1,9  kilometer lank toe dit die rit van 25 kilometer tussen Preda en Bergün voltooi het. Die roete is volgens berigte in 2008 tot ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar en bestaan uit 22 tonnels en 48 brûe. Die rekordpoging is aangepak om die Switserse spoordiens se 175-jarige bestaan te herdenk.