Longsiekte eis meer as 40 beeste in Noorde

Die Namibiese landbouministerie wil boere en die publiek op hoogte hou van die uitbreking van longsiekte wat onlangs in sommige dele van die noordelike kommunale gebiede opgespoor is. Die ministerie sê in ‘n mediaverklaring dié aansteeklike siekte is nou in verskeie dele van die streke van Kavango-Wes, Ohangwena, Oshikoto en Omusati bevestig. Tot op hede is berig dat meer as 40 beeste gevrek het en ongeveer 100 beeste is siek aan longsiekte.