Elena Rybanka is Wimbledon-vrouekampioen

Afrika se hoop om sy eerste vroue-tenniskampioen op Wimbledon op te lewer, is verpletter. Kazakstan se 23-jarige Elena Rybanka is vanjaar se Wimbledonse vroue-tenniskampioen. Sy het die derde gekeurde Tunisiër Ons Jabeur op die hoofbaan van Wimbledon in die eindstryd met 3-6, 6-2 en 6-2 in 108 minute geklop. Dit is Rybanka, wat 17de gekeur is, se eerste Grand Slam-titel.