Internasionaal bekende Namibiese mode-ontwerper sterf in Windhoek

Die bekende Namibiese mode-ontwerper, die 69-jarige Cynthia Schimming, is vanoggend in ‘n Windhoekse hospitaal oorlede nadat sy onlangs met kanker gediagnoseer is. Haar heengaan is deur die familie-woordvoerder Afra Schimming-Chase bevestig. Wyle Schimming was ‘n internasionaal bekende mode-ontwerper en die kostuum-ontwerper van plaaslike en internasionale rolprente, asook vir die toneelstuk Hereroland in die Thalia-teater in Hamburg, Duitsland. Sy het ‘n UNECSO-toekenning in 1998 ontvang vir die uitsonderlike kwaliteit van haar ontwerp oor die tema ‘A United World for Future Generations: Beyond time, beyond Oceans’. In 2019 het Chase ‘n toekenning vir haar lewenslange bydrae van die Katutura Mode-week ontvang.