Rugby: Ierland skok die All Blacks

En Rugby: Ierland het in die tweede toets die All Blacks vandag op die Forsyth Barr-stadion in Dunedin, Nieu-Seeland, geskok met hul hul oorwinning van 23-12. Dit was Ierland se vierde oorwinning in 35 kragmetings oor die All Blacks om die reeks van drie toetse gelykop met 1-1 te laat trek. Dit was boonop die Iere se eerste sege teen die Kiwi’s op Nieu-Seelandse bodem en die All Blacks se eerste nederlaag op Forsyth Barr.