Eskom stel vandag fase 3-beurtkrag in

Eskom het bekendgemaak fase 3-beurtkrag sal vandag van sewe-uur vanoggend tot vier-uur vanmiddag van krag wees. Daarna sal dit oorskakel na fase 4 tot om middernag en dan verminder tot fase 2 tot vyf-uur môreoggend, waarna fase 4 weer van krag sal wees. Eskom sal enige veranderings aankondig en instel, soos dit nodig mag wees. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dis weens die verlies van vyf groot opwekkingseenhede en ʼn vertraging om vyf eenhede in diens terug te plaas.