Wysigings aan kieswet in beginsel goedgekeur

Die kabinet het in beginsel die wysiging van dele van die Verkiesingswet goedgekeur sodat lede van die staatsdiens verlof kan vat nadat hulle deur hul politieke partye tot lede van die Nasionale Vergadering benoem is. Lede wat 55 jaar oud geword het op of voor die datum waarop die verkiesingsuitslae bekend gemaak word, sal dan ook die keuse hê om te bedank of vroeë aftrede te neem. Modestus Amutse, die adjunk-inligtingminister, het die aankondiging tydens die kabinetinligtingsessies gemaak.