Rassie is tevrede met Bokke se voorbereiding

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is tevrede met die grondslag wat by die nasionale span se tweede belyningskamp in Kaapstad gelê is. Die eerste belyningskamp was in Maart, en die tweede wat deur 38 spelers bygewoon is, is die naweek aangebied. Die Bokke skop hul 2024 internasionale seisoen op 22 Junie af teen Wallis. Erasmus sê die kamp was uiters waardevol om die spelers bloot te stel aan gedetailleerde aspekte van die spel wat hierdie seisoen ingestel sal word: