Angolese kinders wil nie hervestig word nie

Meer as 200 sogenaamde Angolese kinders is reeds van die hoofstad se strate verwyder en op Ondangwa by die jeugsentrum hervestig. Die kinders is volgens die binnelandse sake-ministerie van die Mwila-stam in Angola se Huila-provinsie. Pogings word ook aangewend om die kinders in ander dorpe in die land op te spoor en na die sentrum te neem, waar hulle versorg kan word. Reaksie is ontvang van prokureur Kadhila Amoomo, wat vroeër ‘n beroep op die regering gedoen het om doeltreffende maatreëls te implementeer om die kwesbare kinders te identifiseer en by te staan.