Finaliste van OM SEED bekend

Old Mutual het sy 40 kortlys-kandidate vrygestel vir die Old Mutual Sustainable, Economic, and Empowerment Drive, of te wel OM SEED Entrepreneurskapsprogram, wat tans in sy derde uitgawe is. Vanjaar se fokus is die Ohangwena-, Oshikoto-, Zambezi- en Kavango-Wes-streke, terwyl OM SEED in 2025 sal uitreik na entrepreneurs in Kunene, Omaheke, Omusati en Otjozondjupa – […]

Read More

Twyfelagtig of koalisie in SA bestendigheid sal bring

Politieke ontleders waarsku hoewel die idee van ‘n regering van nasionale eenheid in beginsel goed is, bring dit nie noodwendig bestendigheid nie. Die ANC beraadslaag tans met ander politieke partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig is, om sy voorstel oor so ‘n bedeling te bespreek en president Cyril Ramaphosa se herverkiesing te bewerkstellig. Die […]

Read More

Gantz sê koebaai vir Bibi

Israeliese minister Benny Gantz het sy bedanking uit premier Benjamin Netanyahu se noodregering aangekondig en die enigste sentristiese mag in die omstrede leier se verregse koalisie onttrek te midde van ‘n maande lange oorlog in Gaza. Die vertrek van Gantz se sentristiese party sal nie ‘n onmiddellike bedreiging vir die regering inhou nie. Maar dit […]

Read More

Sages Gholftoernooi het goed afgeloop

Headspring Investments se Sages Nasionale Kampioenskap in vennootskap met Gobabis Gholfklub was ‘n reuse-sukses. Kosmos 94.1 Nuus het met Riaan van Rooyen, woordvoerder van Headspring Investments, gesels oor die uitslae.

Read More

Gbs-waterkwessies met gemeenskap bespreek, alles is ‘beter’

Sommige inwoners van Gobabis het hul gewend tot die onwettige sny van waterpype in ‘n poging om water vir hulself en hul vee te verseker. Dit is omdat die dorp tussen sekere ure waterrantsoenering ingestel het. Hoofman Wallace Finnies, ‘n inwoner van Nossobville in Gobabis, het vroeër bevestig dat inwoners gedwing word om hulle tot […]

Read More

Zuma, MK nader hof oor parlement se sitting

Die MK Party sê hy gaan die Konstitusionele Hof nader om die byeenroeping van die eerste sitting van die Nasionale Vergadering te keer. Die party sê die sitting moet uitgestel word totdat sy griewe, wat berus op bewerings van verkiesingsbedrog en knoeiery met stemme, deeglik deur die howe ondersoek is. Die Parlement moet binnekort sy […]

Read More

Hospitale loop nou deur in Sudan

Die hoofhospitaal in Sudan se al-Fashir-stad is deur die Rapid Support Services-paramilitêre groep aangeval en buite werking gestel. Dit is volgens Dokters Sonder Grense. Die stad, in die Darfur-streek in die noordweste van die land, is die tuiste van meer as 1,8 miljoen inwoners en ontheemdes, en is die jongste front in ‘n oorlog tussen […]

Read More

Von der Leyen beloof ‘n gematigde Europa

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, wat vir ‘n tweede termyn wil dien, sê alle partye in Europa streef na ‘n sterk en doeltreffende vasteland. Haar European Peoples Party gaan waarskynlik die meeste stemme in die Europese Parlement verkry naamlik 189, gevolg deur die Sosialiste en Demokrate met 135, en Renew […]

Read More

Super Game-veiling verloop uiters goed

Die Super Game-veiling het Saterdag in die hoofstad by The Weinberg plaasgevind. Uiters goeie pryse is behaal soos Martenique Scott van Super Game verduidelik. Scott het die gasverkopers en Agra bedank. 

Read More

Kinderpornografie loop oop in SA, veral Wes-Kaap

Die Rolprent- en Publikasieraad in die buurland is uiters besorg oor die stygende gevalle van kinderpornografie, veral in die Wes-Kaap. ‘n Woordvoerder van die raad, Ephraim Tljhako, sê sewe mense is van laat 2023 tot Januarie vanjaar aangekeer oor ‘n aanlyn netwerk van kinderpornografie. Die beskuldigdes was in besit van duisende beelde en video’s van […]

Read More