Meerderheid Europeërs steun sanksies teen Rusland

In die lig van Rusland se oorlog teen Oekraïne het 72-persent van die Europese Unie se burgers gesê hulle ondersteun ekonomiese sanksies teen die Russiese regering, maatskappye en individue. Die Europese Kommissie het sy jongste barometer oor ʼn reeks onderwerpe vrygestel. Dit word gereeld gedoen om die openbare opinie in Europa te monitor. Agt-en-sewentig-persent stem saam dat humanitêre ondersteuning gegee word aan mense wat deur die oorlog geraak word. Intussen is 77-persent Europeërs ten gunste van ʼn gemeenskaplike verdediging- en sekerheidsbeleid tussen EU-lande.