Volgende geslag kampioene vervang Groot Drie

Tennis: Die sport is besig om ‘n gedaanteverwisseling te ondergaan, met Jannik Sinner van Italië en Carlos Alcaraz van Spanje wat as die volgende geslag kampioene na vore tree. Sinner het vandag as die wêreld-nommer-een oorgeneem by Novak Djokovic van Serwië, wat die afgelope 20-jaar oorheers het saam met die Spanjaard Rafael Nadal en die […]

Read More

LPM se Labuschagne looi GRN oor Visie 2030

Die raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdelings, Willem Labuschagne, sê daar is niks wat die regerende Swapo-party kan doen om te verseker dat Namibië Visie 2030 in die volgende ses jaar bereik nie, aangesien hy in die afgelope 34 jaar versuim het om dit te doen. Die LPM-lid sê die handelsministerie ontvang ook nie genoeg begroting […]

Read More

SA is ook nie gereed vir klimaatimpakte nie

Die Suid-Afrikaanse Presidensiële Klimaatskommissie is baie bekommerd oor die land se voorbereidheid vir klimaatsverandering en uiterste weerstoestande. Dit volg nadat groot dele van die land die afgelope week swaar reën en oorstromings ondervind het, insluitend ‘n tornado in KwaZulu-Natal. Crispian Olver van die kommissie sê dringende werk is nodig om die land se veerkragtigheid te […]

Read More

Albanese vies oor opposisie wat Parys-ooreenkoms wil weggooi

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het die Liberale partyleier, Peter Dutton se planne gekritiseer om die land se verbintenis tot die Parys-klimaatooreenkoms te laat vaar. Dutton sê hy sal die gestelde teiken van ‘n 43-persent verlaging soos in 2030-wetgewing bepaal, by die volgende verkiesing teenstaan. Hy sê hy is verbind tot die bereiking van […]

Read More

Eden Rose gaan môre onder die hamer by Christie’s

‘n Skaars en duur ring waarin die Eden Rose pienk diamant van Suid-Afrika geset is, sal na verwagting 188 miljoen Namibiese dollar haal wanneer dit môre by Christie’s-afslaers in New York opgeveil word. Die besondere, vlekkelose pienk diamant van tien-karaat word vandag nog by die Rockefeller-sentrum uitgestal. Die internasionale hoof van Juweliersware, Rahul Kadakia, beskryf […]

Read More

Hardap-goewerneur loof pendeltender-toekenning

Die konsessie vir ’n pendeldiens na Sossusvlei na ’n private maatskappy Grow Namibia is weer in die nuus. Die NWR was ontevrede oor die saak omdat hy 175 miljoen Namibiese dollar uit die diens jaarliks verdien maar daar was kwessies met sy tenderdokument. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na die Hardap-goewerneur Salomon April wat die […]

Read More

Babastorting: Vonds gemaak toe hond aan oorskot vreet

Die Namibiese polisie by Ariamsvlei ondersoek ‘n saak van verberging van geboorte na die ontdekking van ‘n pasgebore babadogtertjie se oorskot wat opgesny was. Dis mag sê dat inwoners ‘n hond gesien het wat iets dra en toe hulle ondersoek instel het hulle ontdek dit was die oorskot van ‘n pasgebore babadogtertjie. Sommige liggaamsdele word […]

Read More

Geen tekort aan mielies nie maar, pryse sal styg

Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie se jongste verslag is daar wêreldwyd kommer oor graanoeste wat verklein is weens ‘n verskeidenheid faktore. Namibië sal ook die meeste van ons grane moet invoer vanjaar weens die droogte wat oeste grootliks laat misluk het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hubertus Hamm, voorsitter van die […]

Read More

Aktiviste positief hof sal bevind sodomiewet is ongrondwetlik

Alle oë is die week op die hoërhof waar ‘n volbank regters na verwagting uitspraak in die grondwetlike uitdaging teen die sodomiewet sal lewer. Friedel Dausab, ‘n LGBT-aktivis het die saak gebring en voer aan die kriminalisering van sodomie en verwante misdrywe is ongrondwetlik en diskrimineer. Die wet self is uiters omstrede omdat dit net […]

Read More

Bad Boys: Ride or Die verdien amper N$1 miljard met openingsnaweek

Bad Boys: Ride or Die, met Will Smith en Martin Lawrence, was oor sy aanvangsnaweek bo-aan die internasionale loket, en het 906 miljoen Namibiese dollar laat instroom. Dit is ‘n opvolg op Bad Boys uit 1995, Bad Boys 2 uit 2003 en Bad Boys for Life uit 2020. The Garfield Movie was tweede, Paramount se […]

Read More