Israel kondig inneem van Gaza-grondgebied aan - April 2, 2025

Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, het aangekondig die land gaan sy militêre optrede in Gaza verskerp. Hy sê hulle gaan groot dele van die grondgebied inneem en by Israel se veiligheidsones insluit. Hulle sal ook Gaza-inwoners uit gevegsones ontruim. Na twee maande van redelike kalmte het Israel verlede maand lugaanvalle op Gaza hervat. […]

Read More

Pirates, Sundowns wen in CAF-kampioeneliga kwarteindronde - April 2, 2025

Sokker: Orlando Pirates het MC Alger met 1-0 verslaan in deel een van hulle kwarteindronde-kragmeting in die CAF-kampioeneliga in Algerië. Mohau Nkota, se doel in die tweede helfte het die Buccaneers se oorwinning verseker. Mamelodi Sundowns het Esperance de Tunis in Pretoria met 1-0 geklop. Die verdedigende kampioene, Al Ahly, het op die Kaïro Internasionale […]

Read More

Kavango-Oos goewerneur wil groenskemas laat herleef - April 2, 2025

Die nuut-aangestelde Kavango-Oos goewerneur, Hamunyera Hambyuka, het belowe om die streek se groenskemas te laat herleef, as deel van pogings om voedselonsekerheid te bekamp. Hambyuka het tydens die amptelike oorhandigingseremonie in Rundu benadruk dat plaaslike hulpbronne gemeenskappe moet bevoordeel voordat die uitvoer daarvan oorweeg kan word. Hy sê die groenskema projekte, soos Shadikongoro, Shitemo en […]

Read More

SA afvaardiging spreek misverstande by Withuis aan - April 2, 2025

ʼn Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se direkteur-generaal, Zane Dangor, het onlangs met senior Withuis-amptenare vergader. Die doel was om die land se posisie oor omstrede kwessies soos die Onteieningswet te verduidelik. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê tydens die besprekings is misverstande aangespreek oor wat sommige […]

Read More

Ingewikkeldste polshorlosie ooit bekend gestel - April 2, 2025

Die Switserse horlosiemaker, Vacheron Constantin, se jongste skepping word beskryf as die ingewikkeldste polshorlosie wat nóg gemaak is. Die eenmalige ontwerp, Solaria, is van 18-karaat witgoud gemaak en bevat meer as 200 diamante. Dit bestaan uit 1 521 afsonderlike onderdele terwyl ʼn gewone meganiese horlosie gemiddeld 130 het. Vacheron Constantin se styl- en erfenisdirekteur, Christian […]

Read More

Wawrinka kry sy eerste ATP-toer-oorwinning van seisoen - April 2, 2025

Tennis: Stan Wawrinka van Switserland het sy eerste toer-sege van die seisoen in die eerste ronde van die Tiriac Ope in Boekarest, Roemenië, behaal toe hy die kwalifiseerder, Timofey Skatov van Kasakstan geklop het. Wawrinka is die derde speler van 40 of ouer wat sedert 1980 ʼn ATP-toer- of Grand Slam-wedstryd op klei wen. Die […]

Read More

SME herstel-leningskema betaal amper alle 2024-fondse uit - April 2, 2025

Die Bank van Namibië se SME ekonomiese herstel-leningskema het teen die einde van verlede jaar 462 miljoen Namibiese dollar uitbetaal, wat 92,4 persent van die toegewysde 500 miljoen dollar beloop. Die skema is ‘n leningsfasiliteit wat deur die Bank van Namibië gestig is in samewerking met die finansministerie, wat daarop gemik is om die klein- […]

Read More

AfriForum soek sanksies teen Malema - April 2, 2025

AfriForum doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om sankies toe te pas op die leier van die EFF, Julius Malema, vir vermeende menseregteskendings gekoppel aan die Kill the Boer-dreunsang. AfriForum sê Suid-Afrika se howe het misluk om Malema verantwoordbaar te hou. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê AfriForum is besig met die opstel van ‘n […]

Read More

Rusland sê ‘nyet’ vir VSA se skietstaking-voorstel - April 2, 2025

Rusland sê hy kan nie Amerika se voorstel vir ‘n skietstaking in Oekraïne aanvaar sonder om die hoofoorsake van die oorlog in aanmerking te neem nie. President Vladimir Putin se eise as voorwaardes vir die skietstaking sluit in dat Oekraïne moet erken dat Rusland die Krimgebied en vier gedeeltelik besette gebiede in die suidooste geannekseer […]

Read More

Twee Oseane-marathon verwag meer as 30 000 atlete - April 2, 2025

Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete sal die naweek aan die 54ste Twee Oseane-marathon deelneem. Saterdag se ultra-marathon strek oor 56 kilometer van Nuweland tot by die Universiteit van Kaapstad aan die voet van Tafelberg. Die half-marathon van 21,1 kilometer vind Sondag plaas. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, […]

Read More