Agribank skerp sakemodel opJune 8, 2025

Agribank is besig met die vernuwing van sy sakemodel met die spesifieke doel om kommunale boere se toegang tot finansiering te verbeter, sê die bank se uitvoerende hoof, Raphael Karuaihe. Die nuwe model fokus op innovering, inklusiwiteit en relevansie. Volgens Karuaihe gaan die hersiende benadering verseker dat Agribank se produkte en dienste in lyn gebring word met die veranderende behoeftes van die landbousektor. Hy het die uitlatings tydens ‘n onlangse besoek aan die Kavango-Oos- en Kavange-Wes-streke gemaak.