Rugby: FNB Kudus dra Premierliga-kroonJune 8, 2025
FNB Kudus van Walvisbaai het Saterdag geskiedenis gemaak deur die Namibiese Rugbypremierliga vir die eerste keer te wen. Die span het FNB Wanderers in die eindstryd op die Hage Geingob-stadion in Windhoek met 50-32 geklop. FNB Kudus se Michael Koopman het vir 22 punte gesorg, wat twee drieë ingesluit het.