KZN staar weer vloede en skade in die gesig - April 15, 2025

Die eThekwini Munisipaliteit versoek inwoners om uiters versigtig te wees tydens die gure weerstoestande wat tot môre sal voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak 4-weerwaarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën en wydverspreide buie in die hele KwaZulu-Natal. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê die aanhoudende reën kan lei tot die oorstroming van paaie en […]

Read More

Internasionale Lugvervoervereniging beklemtoon lugvrag se wêreldwye rol - April 15, 2025

Die Internasionale Lugvervoervereniging het die belangrike rol wat lugvrag in wêreldhandel, e-handel en humanitêre hulp speel beklemtoon. Die vereniging se hoof, Brendan Sullivan, het tydens die World Cargo-simposium in Dubai gepraat en gewaarsku handelspanning bedreig ekonomiese groei en verbruikerstoegang. Sullivan het die vereniging se toewyding tot volhoubaarheid onderstreep, deur volhoubare stralerbrandstowwe en die uitskakeling van […]

Read More

Saoedi-Arabië mik dalk na F1-span eienaarskap - April 15, 2025

Motorsport: Saoedi-Arabië glo dat die eienaarskap van ’n Formule Een-span die volgende stap kan wees ná die aanbied van ’n Grand Prix en om die sport te borg. Die voorsitter van Saoedi-Arabië se Motor- en Motorfietsfederasie, prins Khalid Al-Faisal, het voor die komende naweek se wedren in Jedda gesê dat daar beslis belangstelling is. Die […]

Read More

Hele land ‘sal inligting kry oor MPV-inentingsveldtog by skole’ - April 15, 2025

Die gesondheidministerie het aangekondig dat hy op 2 Junie ‘n inentingsveldtog teen menslike papilloomvirus, of MPV, by skole sal begin vir meisies tussen 9 en 14 jaar oud. Die LPM-parlementslid Eneas Emvula het in die Nasionale Vergadering gevra of daar ‘n sensitiseringsveldtog deur die onderwysministerie was oor die inentings. Gesondheidminister Esperance Luvindao het sy vraag […]

Read More

AfriForum Jeug ontstoke oor sangoma-seremonie in Potch koshuis - April 15, 2025

AfriForum Jeug eis ‘n ondersoek nadat ‘n tradisionele geneser-seremonie in ‘n vrouekoshuis by die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit uitgevoer is. Die groep sê die voorval, wat bestaan het uit harde gille en voorvaderlike gebede, het Saterdagaand gebeur en die ander studente ontstel. Yvonne Gerber van AfriForum Jeug wil hê die universiteit moet duidelike reëls […]

Read More

Sterkfontein-grotte heropen na 3 jaar - April 15, 2025

Die wêreldberoemde Sterkfontein-grotte in die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisterrein in Gauteng heropen vandag vir die publiek. Dit is in Julie 2022 gesluit ná swaar reën en oorstromings kommer oor mense se veiligheid laat ontstaan het. Die terrein het belangrike mensagtige fossiele opgelewer, soos Mev. Ples en Little Foot. Die grotte is ʼn dinamiese plek vir […]

Read More

Fifa het ‘n plan as León uit Klub-wêreldbeker geskop word - April 15, 2025

Sokker: Die Wêreld-sokkerbeheerliggaam FIFA oorweeg ’n uitspeelwedstryd tussen Los Angeles en Club América van Mexiko vir ’n plek in die Klub-wêreldbeker in Amerika. Dit volg na die diskwalifikasie van Club León van Mexiko weens die reëls oor multi-klubeienaarskap. FIFA-president, Gianni Infantino, sê hulle behoort die uitslag van León se appèl by die Hof van Arbitrasie […]

Read More

Eerste minister klap sweep oor dienslewering, noodreaksie - April 15, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare het ‘n beroep gedoen op ‘n volledige hersiening van openbare dienslewering. Ngurare het die belangrikheid van aanspreeklikheid, prestasiebestuur en noodgereedheid beklemtoon en sê dat die regering se reaksie vinnig en doeltreffend moet wees. Hy sê gemeenskappe moet voordeel trek uit regeringsbronne.

Read More

Welwitschias speel opwarm-internasionale wedstryde in Junie - April 15, 2025

Die Namibië Rugby-unie het komende internasionale rugbywedstryde aangekondig vir die nasionale span se voorbereiding vir die 2025 Rugby Afrikabeker, wat van 6 tot 20 Julie in Uganda sal plaasvind. Namibië sal teen die kontinent se topspanne meeding met die doel om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Die Welwitschias speel op Saterdag, […]

Read More

Wat’s so spesiaal aan Mushokabanji as Meatco HUB: Venaani in NV - April 15, 2025

Die herrie oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as Meatco se uitvoerende hoof het in die parlement gaan draai. Die opdrag van die kabinet na die raad nie sy termyn hernu het nie, is wyd veroordeel. Voormalige landbouminister Calle Schlettwein het ook gewaarsku oor die heraanstelling, want gedurende sy termyn as maatskappyhoof is 1 miljard […]

Read More