
Namibië gaan toerisme-meesterplan ontwikkel - April 2, 2025
Namibië gaan toerisme-meesterplan ontwikkel Namibië gaan ‘n nuwe meesterplan vir toerisme ontwikkel om nuwe beleggings te lok en die bedryf te diversifiseer. Dit moet teen Junie vanjaar voltooi wees. Die nuwe minister van toerisme, Indileni Daniel, sê die inisiatief stem ooreen met Swapo se verkiesingsmanifes.
ActionSA sê BTW-verhoging in begroting is geskrap - April 2, 2025
ActionSA sê hy het Suid-Afrikaners beskerm teen buitensporige belasting en toenemende ekonomiese druk. Dit volg nadat die party ‘n voorstel in die fiskale raamwerkverslag gedoen het wat verseker het dat die verhoging van 0,5-persent in BTW vir die 2025/2026-boekjaar geskrap word. Athol Trollip van ActionSA sê hulle het verseker ‘n plaasvervangende inkomstevoorstel en ooreenstemmende uitgawebesparings […]
Styging in temperature kan jou en my inkomste laat daal - April 2, 2025
Onlangse navorsing deur Australiese wetenskaplikes het bevind die gemiddelde persoon se inkomste kan met 40-persent daal indien temperature wêreldwyd met vier-grade-Celsius styg. Die Bruto Binnelandse Produk kan selfs met 16-persent daal indien temperature met selfs net twee-grade-Celsius styg, wat baie meer is as vorige ramings. Hulle het bevind tradisionele modelle het die finansiële uitwerking van […]
Val Kilmer, ster van Batman en Top Gun, sterf op 65 - April 2, 2025
Die Hollywood-akteur Val Kilmer, wat bekend is vir sy rolle in van die bekendste flieks van die 1980’s en ’90’s, is op 65-jarige ouderdom dood. Hy het die rol van Bruce Wayne in Batman Forever vertolk, en Jim Morrison in Oliver Stone se fliek The Doors. Kilmer was ook die vegvlieënier Iceman saam met Tom […]
Sakke vol ammunisie, groot aantal vuurwapens in Suiderhof gesteel - April 2, 2025
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat ‘n groot aantal vuurwapens en hordes ammunisie in die vroeë oggendure van Dinsdag tydens ‘n inbraak by ‘n huis in Suiderhof gesteel is. Die huiseienaar, wat nie tuis was nie, vervaardig glo self ammunisie en besit verskeie vuurwapens. Net ‘n persoon wat die huis opgepas het was daar ten […]
Varkvleis invoere klim 158% in Februarie - April 2, 2025
Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkte raad van Namibië sê varkvleis invoere het in Februarie tot 716 671kg gestyg, wat ‘n toename van 158 persent was teenoor Februarie verlede jaar. Spanje het 39,4 persent van die totale varkvleis-invoere verskaf, terwyl China 35,7 persent gelewer het. Ander noemenswaardige verskaffers was Suid-Afrika, Duitsland en Botswana. Volgens die raad se […]
Besighede skuld N$1,7 miljard aan BTW op invoere - April 2, 2025
Sommige besighede in Namibië maak slim plane om BTW op invoere te ontduik. Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, sê teen die einde van Februarie was 5 182 belastingbetalers sowat 1,7 miljard Namibiese dollar in totaal aan uitgestelde BTW-betalings verskuldig. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Stad Windhoek kry donasie vir plaas Okukuna - April 2, 2025
Die Stad Windhoek gaan ‘n donasie van die EU-befondsde Afrifoodlinks ontvang om stedelike landbou te verbeter. Die skenking van sowat 750 000 Namibiese dollar sal die groei en ontwikkeling van plaas Okukuna, ‘n stedelike landbou-inisiatief in Goreangab ondersteun. Okukuna is in 2015 deur die Munisipale Raad gestig om voedselarmoede aan te spreek, kleinboere te bemagtig […]
Kenner prys regering oor kuberveiligheid-inisitaief - April 2, 2025
Reaksie word ontvang op die regering wat 20 miljoen Namibiese dollar belê om die land se kuberveiligheid op te skerp. Dié aanvangskapitaal maak Namibië se Cyber Security Incident-reaksiespan amptelik operasioneel en volg op die Namibiese Regulerende Owerheid van Kommunikasie, Cran, se eerste sessie oor kuberveiligheid die afgelope naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch […]
DA kap ActionSA se ‘uitverkooptaktiek oor begroting’ - April 2, 2025
Die DA beweer ActionSA het ʼn ooreenkoms met die ANC gesluit om ʼn BTW-verhoging van een-persent oor die volgende twee jaar in te stel. Dit is ten spyte van ActionSA se verklaring dat hy die aanbeveling oor die 0,5-persent-verhoging in die fiskale raamwerkverslag kon verwyder. Willie Aucamp van die DA sê hulle het geveg en […]