
Kaapse polisie sê nee vir Afrikaans - March 15, 2025
Die Kaapse Forum is ontevrede oor die Noord-Kaapse SAPD se besluit om verklarings slegs in Engels te neem en noem dit ongrondwetlik. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die beleid, wat onderteken is deur die adjunk- provinsiale kommissaris, Luntu Ngubelanga, is teenstrydig met die Grondwet en die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale. […]
Kanada se Carney nie lus vir Trump - March 15, 2025
In sy eerste toespraak as Kanadese eerste minister het Mark Carney, te midde van die tariewe- botsing met die Amerikaanse president Donald Trump, gesê negatiwiteit sal nie die handelsoorlog wen nie. Carney sê hy sal Frankryk en Brittanje besoek, maar voeg by hy het tans geen planne om Trump te ontmoet nie. Hy sien egter […]
Krieket: Patel lei Delhi Capitals - March 15, 2025
Die veelsydige Indiese speler Axar Patel is as kaptein van die Delhi Capitals aangewys vir vanjaar se Indiese Premierliga. Die 31-jarige sal die span vir die sesde jaar verteenwoordig. Hy het reeds ‘n totaal van 967 lopies aangeteken en 62 paaltjies in 82 wedstryde platgetrek. Axar het ook ‘n sleutelrol gespeel in sy land se […]
Copps 94.1: Dronk op straat bly ‘n kopseer - March 15, 2025
Dronk op straat het die Copps 94.1-span Vrydagaand op hul tone in Windhoek gehou. Francois Lottering was oudergewoonte op die toneel en doen verslag:
SA plaas Trump-besluite onder vergrootplaas - March 15, 2025
Suid-Afrika kyk noukeurig na die meer as 100 uitvoerende besluite wat deur die Amerikaanse president Donald Trump geneem is sedert sy herverkiesing, insluitend nuwe invoertariewe. Die ambassadeur van Suid-Afrika in die VSA, Ebrahim Rasool, sê Suid-Afrika voer gesprek met Amerikaanse wetgewers terwyl hulle geopolitieke kwessies, insluitend AGOA-handelskommer, beoordeel. Hy beveel ‘n versigtige benadering aan, en […]
Russe dreig met genadelose uitwissing in Kursk - March 15, 2025
Die voormalige Russiese president Dmitry Medvedev sê Oekraiënse troepe in Kursk sal genadeloos uitgewis word as hulle aanhou veg. President Vladimir Putin het vroeër gereageer op die Amerikaanse president Donald Trump se versoek dat die lewens van Oekraiënse soldate in die streek gespaar moet word deur te sê Rusland sal hulle veiligheid waarborg as hulle […]
Rugby: Skotte wil Franse ontwrig - March 15, 2025
Die Skotse losskakel Finn Russell sê ‘n kans om vandag ontwrigting te saai en Frankryk te ontneem van sy poging om die Sesnasies-titel te beklink, dien as die span se aansporing. Skotland kan Frankryk se tweede Sesnasies-oorwinning binne vier jaar op die Stade de France omvergooi, met Engeland en Ierland wat hoop om vroeër in […]
Probleme in Nasionale Jeugraad ‘word nie opgelos’ - March 14, 2025
Die aanstelling van ‘n nuwe raad by die Nasionale Jeugraad deur die lynminister Agnes Tjongarero is weer in die nuus. Calista Schwartz-Gowases, die jeugraad se direkteur wat in Maart 2024 geskors is, eis deur haar prokureurs dat sy so gou as moontlik heringestel word. Daar word ook berig dat die finansministerie belangrike raadsbesluite vertraag het […]
Maak koste van BEE bekend, vra Instituut vir Rasseverhoudings - March 14, 2025
Die Instituut vir Rasseverhoudings sê hy waarsku al lankal oor die rampspoedige gevolge van ras-gegronde beleide en die inherente uitsluiting wat groei strem. JP Morgan het Suid-Afrikaanse aandele Dinsdag afgradeer en verwys na die uitwerking van beleid soos swart ekonomiese bemagtiging op groei. Makone Maja van die instituut sê hulle het sleutel-kabinetslede gevra om dringend […]
Lig ‘onwettige’ sanksies teen Iran: China - March 14, 2025
China vra vir die beëindiging van wat dit die onwettige sankies teen Iran noem. China is gasheer vir gesprekke met diplomate van Iran en Rusland. China hoop dat die onderhandelings met betrekking tot Tehran se kernprogram hervat sal word. Die VSA het tydens Amerikaanse president Donald Trump se eerste termyn onttrek uit ‘n 2015-ooreenkoms wat […]