
Brandstof nie vinniger goedkoper - June 28, 2025
Ondanks onderverhalings het die energie-ministerie die brandstofprys onveranderd vir Julie gelaat. Luidens die aankondiging is 53 sent onderverhaal per liter petrol, amper 60 sent per liter 50ppm diesel en amper 54 sent per liter 10ppm. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat nie brandstofprysverligting in die afsienbare toekoms verwag nie.
Nigeriese miljardêr belê groot in kunsmis - June 28, 2025
Die Nigeriese miljardêr Aliko Dangote sê die vasteland sal binne 40 maande selfonderhoudend wees in kunsmis. Dangote het Vrydag gesê hy beplan ‘n uitbreiding van sy aanleg van 2,5 miljard Amerikaanse dollar aan die buitewyke van Lagos. Afrika voer tans meer as 6 miljoen metrieke ton kunsmis jaarliks in. Ontleders sê die markvooruitsigte vir kunsmis […]
Jeff Bezos-glanstroue lok superrykes - June 28, 2025
Amazon-stigter Jeff Bezos en joernalis Lauren Sanchez, wat Vrydag die knoop in Venesië deurgehaak het, maak gereed vir die laaste skof van hul driedaagse huweliksvieringe van bykans 50 miljoen Amerikaanse dollar. Dit bereik vanaand ‘n hoogtepunt met ‘n konsert waar Lady Gaga en Elton John na verwagting sal optree. Bill Gates, Leonardo DiCaprio, Oprah Winfrey, […]
Atletiek: Jaco Potgieter blits silwer by jeugspele los - June 28, 2025
Namibië se blits, Jaco Potgieter, het Vrydag silwer by die Wêreldjeugspele in Gothenburg in Swede verower met die tweede plek in die 400m-hekkies vir seuns. Potgieter se tyd was 56,07 sekondes. Hy is deel van die Napso-span atlete wat uit tien meisies en tien seuns bestaan, meestal hoërskoolleerlinge. Buiten die byeenkoms in Swede het die […]
Boere herbou kuddes, minder bees na mark - June 28, 2025
Die aantal beeste wat in die eerste kwartaal vanjaar in Namibië bemark is, het met 58 persent getuimel teenoor dieselfde drie maande in 2024. Die Raad vir Lewendehawe en Lewendehaweprodukte skryf die val na net meer as 37 500 aan hoofsaaklik die goeie reënseisoen toe, en boere wat gevolglik hul kuddes herbou. Dit het die […]
Omgewingsbegroting gaan 70 000 werksgeleenthede in SA skep - June 28, 2025
Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Dion George, sê 2,8 miljard rand van die departement se mediumtermynbegroting van nege miljard rand word op omgewingsprogramme bestee wat 70 000 werksgeleenthede sal skep. George het in die parlement gesê die helfte gaan na openbare werke en bewaringsentiteite soos die Suid-Afrikaanse Parke. Hy sê die hersiene […]
VSA bly oor vrede tussen DRK, Rwanda - June 28, 2025
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die vredesooreenkoms verwelkom wat tussen die ministers van buitelandse sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo, Olivier Nduhungirehe en Thérèse Kayikwamba Wagner, in Washington onderteken is. Rubio het die harde werk van beide lande, die Afrika-Unie en Katar geprys. Hy verwelkom voortgesette pogings en […]
Gholf: SA se Aldrich Potgieter staan steeds ‘n kans in Detroit - June 28, 2025
Aldrich Potgieter van Suid-Afrika, wat die Detroit-gholfklub se baanrekord in die eerste rondte verbeter het, is twee houe agter die voorloper na die tweede rondte van die Rocket Classic. Die Amerikaner Philip Knowles loop saam met sy landgenote Chris Kirk en Andrew Putnam voor. Die baanrekord is Saterdag weer verbeter, hierdie keer deur Jake Knapp, […]
BoN aangejaag met verslag oor bankkoste - June 28, 2025
Die parlementêre komitee op ekonomie, nywerheid en openbare administrasie het die Bank van Namibië beopdrag om ‘n impakstudie oor bankfooie en –heffings te finaliseer en dit so vinnig as moontlik aan die ministerie van finansies te oorhandig. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, het vroeër vandeesweek voor die komitee verskyn. Die voorsitter van die […]
Valke ondersoek toilettender - June 28, 2025
Die magnaat met ANC-bande, Sello Sekhokho het winsgewende tenders ontvang vir die verskaffing van toiletpapier aan staatshospitale. Die tenderpreneur word betrek by die ondersoek na die Tembisa-hospitaal se korrupsieskandaal van 2,3 miljard rand. Volgens News24 het dit hernude kommer oor verkrygingsonreëlmatighede en politieke invloed laat ontstaan. Kritici sê korrupsienetwerke maak steeds wins uit die verskaffing noodsaaklike voorrade […]