Boere herbou kuddes, minder bees na markJune 28, 2025
Die aantal beeste wat in die eerste kwartaal vanjaar in Namibië bemark is, het met 58 persent getuimel teenoor dieselfde drie maande in 2024. Die Raad vir Lewendehawe en Lewendehaweprodukte skryf die val na net meer as 37 500 aan hoofsaaklik die goeie reënseisoen toe, en boere wat gevolglik hul kuddes herbou. Dit het die aantal diere beperk wat markgereed is.