Von der Leyen oorleef mosie van wantroue - July 11, 2025

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, het  ʼn mosie van wantroue in die Europese Parlement oorleef. Die mosie hou verband met haar weiering om teksboodskappe bekend te maak wat tydens die Covid-19-pandemie met die uitvoerende hoof van die entstofvervaardiger Pfizer uitgeruil is. Slegs 175 parlementslede het die mosie ondersteun terwyl 360 daarteen […]

Read More

Wimbledon-vroue eindstryd: Twee newbies op die baan - July 11, 2025

Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek, kom môre in die Wimbledon-eindstryd teen die Amerikaner, Amanda Anisimova, te staan. Die gewese wêreld-nommer-een van Pole het gemaklik met Belinda Bencic van Switserland afgereken terwyl Anisimova die wêreld se voorste vrouespeler, Aryna Sabalenka of Belarus verslaan het. Dit is beide Swiatek en Anisimova se eerste Wimbledon-eindstryd. Die 23-jarige […]

Read More

Ed Sheeran verf tussen toer en ateljee - July 11, 2025

Oorspronklike kunswerke en afdrukke deur die bekroonde sanger-liedjieskrywer Ed Sheeran is tot 1 Augustus te sien in ‘n nuwe uitstalling by die Heni Gallery in sentraal-Londen. Geld wat met die uitstalling ingesamel word, sal aan die Ed Sheeran-stigting gaan om om inklusiewe, hoëgehalte-musiekonderrig aan kinders van alle agtergronde te bied. Die uitstalling heet Cosmic Carpark […]

Read More

LPO en Cirrus voltooi eerste fase van ondersoek na skaapwaardeketting - July 11, 2025

Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê die eerste fase van sy ondersoek na hoe skaapprodusente meer betrokke kan raak by die waardeketting, is voltooi. Cirrus is aangestel om geleenthede vir die boere te ondersoek met die klem op internasionale lamuitvoere. Daar is bevind dat op-die-hoef-uitvoere na Suid-Afrika steeds ‘n top-geleentheid is maar, dat oorafhanklikheid van die mark […]

Read More

Rou, gevriesde vleis suid van die rooilyn vervoer vir droogtehulp - July 11, 2025

Dit wil voorkom asof die regering sy eie maatreëls oortree het tydens sy droogteverligtingsprogram. Die eerste minister dr. Elijah Ngurare sê dat vleis deur Meatco in die noordelike kommunale gebied bekom is, gevries is en in 1,5-kilogram pakkies in Kavango Wes, Kavango Oos en Zambezi versprei. Maar, hy het bygevoeg dat die rou, bevrore vleis, […]

Read More

Banke eis N$27m se skuld in 37 aansoeke - July 11, 2025

Regters Boas Usiku en Thomas Masuku het vanoggend 80 aansoeke vir verstekvonnisse in die hoofstad hanteer, waarvan 10 op die reël 108-rol was. Banke het 37 van die aansoeke gebring en eis 14 eiendomslenings met uitstaande skuld van 15,6 miljoen Namibiese dollar op. Daar is ook 23 lenings met 11,1 miljoen dollar uitstaande wat nou […]

Read More

Henk Botha reageer op Semenya-uitspraak - July 11, 2025

Die Europese Hof vir Menseregte het sy Groot Kamer-uitspraak in die hoëprofielsaak van Caster Semenya teen ‘n Switserse tribunaal gelewer, en bevind dat daar teen haar gediskrimineer is. Dit is omdat sy verbied is om deel te neem weens verskille in seksuele ontwikkeling, tensy haar hormoonvlakke medies verminder word. Kenners sê die uitspraak kan geslagsbeleid […]

Read More

Mbumba vra vir globale samewerking in Beijing - July 11, 2025

Voormalige president Nangolo Mbumba het ‘n beroep gedoen op globale samewerking om inklusiewe regerings te bou wat mense se welstand prioritiseer. Hy het tydens die Global Civilization Dialogue in Beijing gevra dat aksie teen armoede, jeugwerkloosheid en ongelyke toegang tot onderwys en gesondheidsorg onmiddellik geneem moet word.

Read More

Moord van fluitjieblasers wek kommer in SA - July 11, 2025

Die parlementêre gekose komitee oor Toewysings veroordeel die moorde op openbare ampsdraers wat in die uitvoering van hul pligte afkom op korrupsie en dit aanmeld. ‘n ANC-raadslid van Tshwane, Thabang Masemola, is Dinsdag vermoor terwyl die hoof van Ekurhuleni se Korporatiewe en Forensiese Ouditdepartement, Mpho Mafole, verlede week doodgeskiet is. Die komitee se voorsitter, Tidimalo […]

Read More

Hof keer Trump se geboortereg-bevel - July 11, 2025

ʼn Federale regter in New Hampshire het president Donald Trump se uitvoerende bevel om geboortereg-burgerskap te beëindig, gekeer. Volgens die bevel mag kinders van ongedokumenteerde ouers wat in Amerika woon, nie burgerskap kry nie. Die geding is namens ʼn swanger immigrant, immigrante-ouers en hul kinders voor die hof gebring. Regter Joseph LaPlante sê om ʼn […]

Read More