BoN aangejaag met verslag oor bankkoste June 28, 2025
Die parlementêre komitee op ekonomie, nywerheid en openbare administrasie het die Bank van Namibië beopdrag om ‘n impakstudie oor bankfooie en –heffings te finaliseer en dit so vinnig as moontlik aan die ministerie van finansies te oorhandig. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, het vroeër vandeesweek voor die komitee verskyn. Die voorsitter van die komitee, voormalige finansminister Iipumbu Shiimi, het gesê dié verslag sal as riglyn dien vir die finansministerie se finalisering van regulasies wat op hoë bankkoste gemik is.