Tennis: Nuwe era vir Wimbledon June 29, 2025

‘n Nuwe era breek môre op Wimbledon aan wanneer die beroemde grasbaantoernooi die eerste keer in sy geskiedenis van 148 jaar sonder lynregters sal klaarkom. Hulle word vervang deur die elektroniese stelsel wat reeds gebruik word deur twee ander Grand Slam-toernooie, die Amerikaanse en die Australiese Ope. Die toernooidirekteur, Jamie Baker, sê hulle moet Wimbledon se eeue-oue tradisies met vernuwing balanseer, maar steeds daarop bedag wees om sy erfenis te beskerm, soos die reël dat spelers oorwegend wit klere moet dra.