Hupstoot vir Trump se ‘Big Beautiful Bill’ June 29, 2025

Die Republikein-beheerde senaat in Amerika het Saterdag gestem om president Donald Trump se wetsontwerp op besteding en belasting, die sogenaamde ‘Big Beautiful Bill’, na die volgende vlak te neem. Dit beteken die wetsontwerp sal waarskynlik binne die komende dae aanvaar word. Die dokument maak voorsiening vir ‘n militêre inspuiting van 150 miljard Amerikaanse dollar. Dit begroot ook vir massa-deportasie en die bou van die omstrede muur by Mexiko. Die befondsing kom egter ten koste van Medicare en groen-energieprgramme.