VSA-beraad weier toegang aan vier Afrikalande 

Die Verenigde State het Mali, Burkina Faso, Soedan en Guinee toegang geweier tot die komende driedaagse VSA-Afrika-beraad vanaf 13 tot 15 Desember in Washington. ‘n Senior raadgewer van die Nasionale Veiligheidsraad vir die VSA-Afrika-leiersberaad, Dana Banks, sê die VSA sal 49 Afrika-staatshoofde en die Afrika-unie-gesant verwelkom in ‘n poging om bande met Afrika te versterk. Banks sê ondanks die feit dat die vier staatshoofde belet is, sal burgerlike samelewingsorganisasies van hierdie nasies betrek word by die gesprek in die burgerlike samelewingsforum.