DA veroordeel hoë misdaadstatistieke in Gauteng 

Die DA in Gauteng sê miljoene inwoners in die provinsie loop daagliks gevaar om misdaad eerstehands te beleef, aangesien die jongste misdaadstatistieke geen verbetering weerspieël nie. ʼn Woordvoerder van die DA, Crezane Bosch, sê Gautengse polisiestasies oorheers die nasionale top 30 polisiekantore op ʼn verstommende skaal wanneer dit by die aanmelding van misdaad kom. Volgens haar sluit dit in moord, verkragting, seksuele aanranding, ontvoering, veediefstal en motorkapings.