COPE veroordeel korrektiewe dienste se appèl oor Zuma 

COPE het die besluit veroordeel van die departement van korrektiewe dienste om te appelleer teen die Appèlhof se beslissing dat oudpresident Jacob Zuma se mediese parool onwettig toegestaan is. Die party sê hy sal nooit daartoe saamstem dat belastingbetalers se geld op so ’n roekelose wyse vermors word nie. Die woordvoerder van COPE, Dennis Bloem, sê die party is uiters teleurgesteld in die besluit deur die nuut-aangestelde kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale.