Afrika Ontwikkelingsbank steun Liberiese landbousektor

Die Afrika Ontwikkelingsbank het finansiering vir die Noodvoedsel-produksieprogram in Liberië goedgekeur. Dit baan die weg vir die regering om boere te ondersteun namate hulle klimaatbestande voedselproduksie verhoog en die impak van die voortslepende oorlog in die Oekraïne versag. Die befondsing sluit ‘n toelae van 2,28 miljoen Amerikaanse dollar en ‘n lening van 2,84 miljoen dollar van die bank se oorgang-ondersteuningsfasiliteit in. Landbou is ‘n groot deel van Liberië se ekonomie. Dit dra sowat 26 persent tot die BBP by. Die land se belangrikste gewasse is rubber, rys, kassawe, piesangs en palmolie, met kassawe en rys die primêre stapelvoedselgewasse. Algehele landbouproduktiwiteit is egter laag.