‘Beurtkrag’ in Tanzanië as gevolg van droogte

Die Tanzania Electric Supply Company het roterende kragonderbrekings ingestel weens ‘n afname in hidro-kragopwekking. Die besturende direkteur, Maharage Chande, sê sekere gebiede sal onderbrekings van tot nege ure ondervind. Chande sê die langdurige droogte en deurlopende instandhouding in van die aanlegte is van die grootste redes wat tekorte in opwekking veroorsaak. Die land probeer sy hidrokragvermoë vergroot met die oprig van die Julius Nyerere-damprojek in die Selous-wildreservaat, wat na verwagting 2 100 megawatt sal lewer.