Vroue en jeug se rol in Afrika-handel in die soeklig

Die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika in samewerking met die Namibiese handelsministerie het ‘n inligtingsessie oor die Vroue en Jeug in Handel-protokol in Windhoek aangebied. Die sessie is gereël as ‘n opvolg van die bekendstelling van Namibië se Nasionale Implementeringstrategie en Aksieplan vir 2022-2027 van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied. Meer as 100 deelnemers het die geleentheid bygewoon. Anna Salkeus, senior kommunikasiebeampte van die ministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.