Pupkewitz-stigting bou aan by Onandjokwe-hospitaal

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het vandag die departementshoofde se kantore by die Onandjokwe-hospitaal in Onipa in die Oshikoto-streek ingehuldig. Die kantore is ten bedrae van 2,7 miljoen Namibiese dollar deur die Pupkewitz-stigting geborg. Die kantore sluit aan by die hoofhospitaal, wat een van die oudste hospitale in die land is en maak voorsiening vir duisende pasiënte in die noordelike streke. Die gebou is binne ses maande gebou en bestaan uit agt kantore, ‘n raadsaal, ablusiegeriewe asook ‘n teekamer.