Sisa het N$17m van Fishcor ontvang…

Die Engelse dagblad, The Namibian, berig dat 17,5 miljoen Namibiese dollar oorbetaal is van Fishcor se bankrekening na dié van die Sisa Namandje-regsfirma, onder die vaandel van regeringsdoelwitte. Die inligting is vervat in ‘n beëdigde verklaring deur Paulus Ngalangi, Fishcor se finansiële bestuurder, wat by die Teenkorrupsie-kommissie ingedien is. Luidens die berig, is daar 15 miljoen dollar oorbetaal aan Vaino Nghipondoka, a bekende plaaslike sakeman, en Armas Amukwiyu, Swapo se streekskoördineerder in Oshikoto. Die […]

Read More

Namibië se hulpbronne moet tot voordeel van Jan Alleman benut word

Sedert verlede jaar se twee olie-ontdekkings aflandig van die Namibiese kus, het Namibië ‘n middelpunt geword vir olie- en gas-eksplorasie. Talle Namibiërs is egter bekommerd en deeglik bewus van die hulpbron-vloek wat steeds by baie ontwikkelende lande spook, gedryf deur ‘n onversadigbare dors na energie om hul ekonomieë aan die gang te hou. As gevolg […]

Read More

Brent verloor 10% in 7 dae, begin weer klim

Die prys van Brent ru-olie het in die afgelope sewe dae met 10 persent teruggesak as gevolg van vrese oor inflasie sowel as die Amerikaanse bankstelsel. Op ‘n stadium het die kommoditeit teen 77 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel, maar, Opul het sy groei-vooruitsigte vir China opwaarts aangepas en die krisis met die twee Amerikaanse banke is opgelos met beleggers […]

Read More

Biden begin stappe vir agtergrond ondersoeke vir wapenlisensies

Daar was reeds meer as 100 massaskietvoorvalle in die VSA tot dusver vanjaar met die naweek van 18 en 19 Februarie wat die rekord opgestel het vir tien voorvalle oor die twee dae. President Joe Biden het aangekondig dat hy ‘n uitvoerende bevel onderteken het wat wetgewers beveel om elke moontlike stap te neem om […]

Read More

20 Maart-optog: EFF sê DA is rassisties

Die EFF sê die DA se bewering dat sy planne om die buurland Maandag tot stilstand te bring gewelddadig sal raak, is rassisties. Die DA het aangekondig hy sal hof toe gaan en die gemeenskap mobiliseer teen, wat hy noem, die verregaande intimidasie en dreigemente van geweld wat die EFF rondslinger in aanloop tot die […]

Read More

Kandjeke vir nog vyf jaar aangestel

Die Nasionale Vergadering het eenparig die heraanstelling van die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke vir nog ‘n termyn van vyf jaar goedgekeur. Die heraanstelling van Kandjeke is deur President Hage Geingob aanbeveel en gemotiveer deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila. Kandjeke is in 2003 vir sy eerste termyn as ouditeur-generaal verkies. Parlementslede het Kandjeke lof toegeswaai vir […]

Read More

ANC-regering het stakende werkers uitgelok

Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa glo die ANC-regering het werkers uitgelok om te staak. Die vakbond het sy gewig gegooi agter Nehawu se voortgesette staking in die openbare sektor. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola het teen die regering uitgevaar vir sy rol in die onderhandelings, wat sy sê tot die huidige situasie aanleiding gegee het:

Read More

VSA sê Russiese vegvliegtuig bots met sy hommeltuig

Die Amerikaanse weermag het bevestig ‘n Russiese vegvliegtuig het met ‘n Amerikaanse hommeltuig gebots en in die Swartsee neergestort. Die twee Russiese Su-27-vegvliegtuie het die onbemande MQ-9 Reaper-hommeltuig in die internasionale lugruim onderskep voordat een van hulle die tuig se skroef getref en Amerikaanse magte gedwing het om dit af te bring. Amerika sê die […]

Read More

Meer oor die Mej. Namibië skoonheidskompetisie… en wanneer dit aan die kus plaasvind

Dit is amper daardie tyd van die jaar en wanneer Namibiërs die geleentheid kry om ’n nuwe Mej. Namibië en Mej. Namibië Tiener op die troon te hê. Die Miss Namibia Beauty Pageant Reveal vind volgende week Donderdag op 24 Maart in die hoofstad plaas. Beaulah Boois-Beukes NBC se korporatiewe kommunikasiebestuurder sê aan Kosmos 94.1 […]

Read More

Swendelaars teiken wéér vir Saara

Die Namibiese eerste minister dr. Saara  Kuugongelwa-Amadhila is wéér deur swendelaars geteiken. Haar kantoor het in ‘n verklaring gesê daar sirkuleer op sosiale media boodskappe dat die premier ‘n geverifieerde digitale beleggingsbank met die naam Eco Nad Bank bevorder. Die kantoor ontken ten sterkste dat die boodskap op sosiale media eg is en sê dat […]

Read More