185 dood, 1 800 beseer in Khartoem

Minstens 185 mense is reeds dood en meer as 1 800 beseer terwyl gevegte tussen strydende magte in Soedan voortwoed. Onder die beseerdes is die Europese Unie se ambassadeur in die land, Aidan O’Hara, wat in sy huis in Khartoem aangerand is. Die weermag en ‘n paramilitêre groep, die Rapid Support Forces, het oproepe vir ‘n skietstilstand verwerp. Khartoem het deurgeloop onder lugaanvalle, bomme en swaar geweervuur. Amerika se Departement van Buitelandse Sake het intussen gesê hulle het nie op die oomblik planne om Amerikaanse personeel te verwyder nie, ten spyte van voortgaande kommer oor veiligheid.