Regter weier om Trump se verkragtingsaak uit te stel

‘n Regter in Manhattan het oudpresident Donald Trump se versoek dat die skrywer E. Jean Carroll se saak teen hom met ‘n maand uitgestel word, van die hand gewys. Sy dagvaar Trump vir laster nadat hy gesê het sy jok toe sy in 2019 in ‘n memoir geskryf het dat hy haar in 1996 in ‘n aanpashokkie in ‘n winkel in Manhattan verkrag het. Carroll het in November ‘n tweede regsaak aanhangig gemaak nadat die staat New York slagoffers toegelaat het om tydelik hofsake te maak oor seksuele aanrandings wat lank gelede plaasgevind het. Die hofsaak is vir volgende Dinsdag geskeduleer.