Hou weerloses warm die winter

Die winterseisoen is om die draai met weerlose mense en diere wat geen warm klere of komberse het om hulle teen die koue te beskerm nie. As jy van jy ou komberse wil ontslae raak, skenk dit aan ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie of diere-skuiling. Daar is soveel honde wat hierdie winter warm komberse benodig, en baie plaaslike diere-skuilings maak staat op skenkings om hul vierpotige vriende warm te hou. Hanna Rhodin, die DBV se nasionale direkteur het  met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.