Verbruikers kriewelrig oor môre se rentekoers aankondiging

Ekonomiese ontleders sê Namibiërs moet gereed maak vir nog ‘n rentekoersverhoging terwyl die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee vandag vergader. Die sentrale bank sal môre die besluit oor rentekoerse aankondig. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vroeër rentekoerse met 50 basispunte verhoog, strydig met markverwagtinge. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat oor wat sy voorspelling is…