VSA, EU vererger hulle vir Lula

Brasiliaanse President Luiz Inacio Lula da Silva het groot kritiek van die EU en die VSA uitgelok na sy kommentaar oor die oorlog in die Oekraïne tydens sy besoek aan China. 

Die Withuis sê die aanmerkings maak die VSA verantwoordelik vir die oorlog wat onwaar is en beskuldig Lula daarvan dat hy Russiese en Chinese propaganda uitbasuin  sonder om na die feite te kyk. Lula het homself voorgestel as ‘n makelaar vir vredesgesprekke om die Oekraïne-konflik te beëindig en sê onpartydige lande moet bymekaar kom om vrede te bemiddel.