Groot toename in vaartuie by Namport

Namport se onlangse bemarking as hawe-bestemming vir passasiers vaartuie werp vrugte af. Die owerheid sê hy het 87 persent meer van die tipe vaartuie in die 2022-23 boekjaar verwelkom teenoor die wat in 2021-22 aangeteken is. In ‘n verklaring sê die owerheid se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, Tana Pesat, dat die herstel na die pandemie duidelik gesien kan word. Pesat sê daar was amper 40 reeks 1-vaartuie, wat groot is en lang internasionale reise onderneem, in die boekjaar by die hawe verwelkom. Daar was net minder as 20 reeks 2-vaartuie en net meer as 50 reeks 3-vaartuie wat in die jaar by die hawe vasgemeer het. Die toeriste wat die dag by die kus deurbring gee ‘n reuse-hupstoot aan die plaaslike ekonomie.