Stad Kaapstad oorhandig sleutels aan 204 huurders
Meer as 200 Moederstad-inwoners het die week die groenlig ontvang om by hul nuwe tuistes in die Maitland Mews maatskaplike behuisings-ontwikkeling in te trek. Burgemeester Geordin Hill-Lewis het die sleutels van 204 van die eenhede aan nuwe huurders oorhandig. Die behuisings-projek is sentraal geleë op een van die Moederstad se hoof ekonomiese slagare en bied […]
Cenored gee terugvoering oor vergadering met NamPower
Ná die onlangse aankondiging deur NamPower dat hy beurtkrag op sekere dorpe gaan toepas weens uitstaande skuld, wat die Stad Windhoek met betrekking tot Groot Aub en Brackwater insluit, asook Nored, die Cenored-Okahandja gesamentlike onderneming en die Karas-streekraad, het Cenored vandag ‘n vergadering met NamPower gehad. Charlie Matengu, die woordvoerder van Cenored, het terugvoering oor […]
VSA bekommerd oor SA se beleid oor Rusland
Die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy regering is bekommerd oor Suid-Afrika se sogenaamde onverbonde beleid in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. Rusland het Oekraïne in Februarie verlede jaar binnegeval. Suid-Afrika het ‘n hoëvlak-afvaardiging na Amerika gestuur om sy posisie te bespreek. Brigety sê Amerika respekteer Suid-Afrika se buitelandse beleid, maar […]
Voetgangerbrug stort ineen, 26 Finse leerders beseer
Altesaam 26 skoolkinders is vandag beseer toe ‘n tydelike voetgangerbrug in Finland ineengestort het. Die voorval het in Espoo, net buite die hoofstad Helsinki gebeur. Die beserings is nie lewensgevaarlik nie. Die leerders was deel van ‘n groep 14- en 15-jariges wat na ‘n uitstappie met onderwysers teruggekeer het, toe die brug ineengestort het. Reddingswerkers […]
Celtic-sokkerklub gekant teen borg van dokter
Die Bloemfontein Celtic-sokkerklub sê die gemeenskap wil nie hê die onteerde dokter Nandipha Magudumana en haar medebeskuldigdes moet borgtog kry nie. Magudumana en vyf voormalige werknemers van G4S, Senohe Matsoara, Teboho Lipholo, Buty Masemola, Tieho Makhotsa en Nastassja Jansen, het in die Bloemfonteinse landdroshof om borgtog aansoek gedoen. Hulle word daarvan aangekla dat hulle Magudumana […]
SA ekonoom gee reaksie op tuimelende rand
‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het sy reaksie gegee op die Suid-Afrikaanse rand wat tot sy swakste vlak in drie jaar getuimel het. Die rand het meer as 30 sent teenoor die Amerikaanse dollar verloor kort nadat Amerika Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het. Vrese bestaan dat die VSA ekonomiese […]
LPM wil gratis grond aan grondloses verskaf
Die leierskap van die Landless Peoples’ Movement sê hy staan steeds by sy doelwit om grond vooraf aan die grondlose burgers van Namibië toe te ken. Henny Seibeb, adjunkhoof van die LPM, sê dit is die enigste werkbare oplossing om die grondtekort en behuisingsprobleme in die land aan te spreek. Dit is beaam deur sy […]
Stad Windhoek keur minder bouplanne in April goed
Die Stad Windhoek het in April 131 bouplanne goedgekeur, wat ‘n afname van 28,8 persent op ‘n maand-grondslag verteenwoordig van die 184 bouplanne wat in Maart goedgekeur is. Die bouplanne is gewaardeer op 173,4 miljoen Namibiese dollar, ‘n verhoging van 69,1 persent van die 102,6 miljoen dollar wat in Maart goedgekeur is. Jaar-tot-datum is 561 […]
Ramaphosa oor mandaat van elektrisiteitsminister
President Cyril Ramaphosa het uitgewei oor die mandaat van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa. Dit kom na berigte oor spanning tussen Ramokgopa en die minister van minerale bronne, Gwede Mantashe. Mantashe sê hy het geen probleem dat die minister van elektrisiteit nuwe energie aanskaf nie, solank dit duidelik gemaak word nuwe energie is ‘n […]
Oekraïne het meer gepantserde voertuie nodig
Die President van Oekraïne Volodimir Zelenskiy sê sy land het meer tyd nodig voordat daar met ‘n verwagte teen-offensief teen Russiese magte begin kan word. Volgens Zelensky is die land se soldate gereed, maar wag die weermag nog vir noodsaaklike toerusting, insluitend bykomende gepantserde voertuie. Hy sê hy glo hulle sou suksesvol kon wees met […]