Hongkong verwyder politieke boeke uit biblioteke

Die Hongkongse leier, John Lee sê openbare biblioteke moet toesien dat hulle nie boeke aanhou wat veiligheidswetgewing oortree nie. Hy het gereageer op kritiek op die verwydering van boeke oor die 1989 Tiananmen Plein-slagting uit openbare biblioteke. Hy sê biblioteke kan nie materiaal aanhou wat nie in Hongkong se belang is nie. Hongkong, wat in […]

Read More

Capricorn-stigting steun steeds landelike skole

Namibiese onderwys is in die moeilikheid met swak uitslae, maar die Capricorn-stigting het sy verbintenis versterk om positiewe verandering in die onderwyssektor teweeg te bring met sy voortgesette ondersteuning aan EduVision. Dit is ‘n projek wat 19 gemarginaliseerde staatskole regoor die land ondersteun, wat meer as 10 000 leerders en 350 onderwysers in landelike skole […]

Read More

Vier Namibiërs gaan oor Engelse Kanaal swem

Vier Namibiërs sal in Julie oor die Engelse Kanaal vanaf Engeland na Frankryk in ‘n aflos-formaat swem. Christopher du Plessis, wat die oudste Namibiër sal wees om oor die Engelse Kanaal te swem, sal by die Engelse Kanaalkruisings-vereniging moet registreer en streng kwalifikasie moet ondergaan. Die vier sal sonder duikpakke in koue water swem. Hulle […]

Read More

Namibië word verbruikersland van dwelms

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie Joseph Shikongo sê dwelmmisbruik in Namibië is ‘n groeiende kommer en is verantwoordelik vir toenemende kriminele aktiwiteite wat in baie gemeenskappe plaasvind. Hy sê Namibië was altyd ‘n deurvoer-land vir onwettige dwelms, maar die land het nou verbruikersland geword wat beteken dat Namibiërs nou dwelms verbruik wat van verskillende […]

Read More

Agri-SA maan oor impak van hoë fases van beurtkrag  

Agri-SA waarsku Suid-Afrika kan langtermyn-voedselsekerheids-kwessies te wagte wees indien hoë fases van beurtkrag voortduur. Die organisasie noem ook die tekort aan vee- en bees-entstowwe, wat waarskynlik kort- tot mediumtermyn-prysstygings sal veroorsaak. Die gemiddelde koste van ‘n huishoudelike kosmandjie het reeds tot meer as 5 000 Suid-Afrikaanse rand per maand gestyg. Christo van der Rheede van […]

Read More

Kokaïen tussen piesangs in vraghouers versteek

Die polisie in die suide van Italië het beslag gelê op 2 700 kilogram kokaïen wat in vraghouers tussen piesangs uit Ecuador versteek is. Die dwelms is in twee vraghouers in ‘n hawe in die Kalabrië-streek gevind. Die waarde van die kokaïen is sowat 800 miljoen euro en was blykbaar bestem vir Armenië. Die polisie […]

Read More

Swendelaars teiken arbeidsministerie

Die arbeidsministerie word ook nou deur swendelaars geteiken. Die adjunk-uitvoerende direkteur Aune Mudjanina maan die publiek in ‘n mediaverklaring teen ‘n kwaadwillige e-pos wat valslik onder die naam van die adjunk-arbeidskommissaris Kylikki Sihlahla uitgestuur word. Die ministerie waarsku ook die publiek om nie die aanhegsel van die e-pos oop te maak nie, want dit kan […]

Read More

Instituut eis wetsontwerp op klimaatsverandering moet geskrap word

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het gevra vir die skrapping van die Wetsontwerp op Klimaatsverandering en sê die uitgangspunt van die wetsontwerp is wetenskaplik onwaar. Die instituut het hul saak aanlyn gestel voor die parlement se portefeuljekomitee oor bosbou, visserye en die omgewing. Andrew Kenny van die instituut voer aan die styging in koolstofdioksied-vlakke, hou […]

Read More

Shikongo bekommerd oor kubermisdaad

Die digitalisering van georganiseerde kriminele aktiwiteite is ‘n rede tot kommer in Namibië en die SAOG-streek. Tydens die streek se Polisiehoofde Samewerkings-organisasie se trans-nasionale konferensie oor georganiseerde misdaad in Swakopmund, het die voorsitter en inspekteur-generaal van die Namibiese polisie Joseph Shikongo gesê digitale misdaad het ‘n enorme impak op die streek. Dit kan insluit van […]

Read More

SA se werkloosheidsyfer bly styg

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal van vanjaar met 0,2 van ‘n persentasiepunt gestyg tot 32,9 persent. Omgeskakel na syfers is dit 179 000 meer werklose mense in die eerste kwartaal vergeleke met die vierde kwartaal van verlede jaar. Poste het hoofsaaklik in private huishoudings, handel, mynbou en die boubedryf verlore gegaan. […]

Read More