Trump se strafsaak eers in Februarie of Maart volgende jaar

Die regter van New York wat Donald Trump se strafsaak aanhoor, het die partye gevra om op ‘n spesifieke verhoordatum vir Februarie of Maart volgende jaar ooreen te kom. Die instruksie beteken die geskiedkundige verhoor oor stilte-geld wat aan ‘n pornoster betaal is, sal plaasvind tydens die Republikeinse voorverkiesings vir die 2024 presidensiële wedloop waarin Trump probeer om sy amp te herwin. Regter Juan Merchan het gesê sodra die datum vasgestel is, moet alle partye, insluitend Trump, wat die voorloper vir die Republikeinse benoeming is, nie ander geleenthede skeduleer nie.