Rugby: Stormers het sterk span teen Bulle

Rugby: Die Stormers is versterk met die terugkeer van flank, Deon Fourie, en vleuel, Leolin Zas, vir die kwarteindstryd môre in die Verenigde Rugby-kampioenskap teen die Bulle in Kaapstad. Ruhan Nel, Angelo Davids, Herschel Jantjies, Joseph Dweba en Frans Malherbe is ook terug in die beginspan. Die enigste nuwe gesigte onder die plaasvervangers is die slot, Gary Porter, en die veelsydige agterspeler, Sacha Feinberg Mngomezulu. Die Noord-Suid-kragmeting begin om half-vier met ʼn plek in die halfeindronde op die spel.